Multimikro advertensie Sinksulfaat advertensie
Sinksulfaat Toets advertensie Korporatiewe Video
Zinchem se nuwe Multimikro media veldtog is in Augustus 2011 op radio, DsTV en in sekere landbou publikasies aan die publiek bekendgestel.




Zinchem is 'n vooraanstaande verskaffer van sinksulfaat en sinkoksied produkte vir die landbou. Met beide bemestingstowwe en diervoertoedienings, is Zinchem die voorkeur verskaffer van mikro-elemente in die landbou. Zinchem se produkreeks sluit ook kopersulfate en mangaansulfate in, sowel as ons nuwe wêreldleier produkreeks van kombinasies mikro-elemente, genaamd Multimikro.
Innovasie en nuwe produkontwikkelings kenmerk Zinchem se sukses en strategiese differensiasie van die kompetisie in die mark. Hoogstaande gehalte, tesame met voldoening aan alle wetlike vereistes, gee Zinchem se kliënte die gerusstelling en vertroue dat hulle met 'n betroubare verskaffer van wêreldgehalte besigheid doen.
Zinchem bestaan al sedert 1946 en was oorspronklik deur Anglo American opgerig om sinkstof aan die Suid-Afrikaanse goudmynbedryf te verskaf. Oor die dekades het Zinchem se produkreeks en strategie so verander dat dit huidiglik 'n leiersrol in die landbou speel.
Praat met ons; ons ken mikro-elemente.